Ben Viljoen

Ben Viljoen
Ben Viljoen

Generaal Ben Viljoen (sittend) en sy sekretaris (Mnr. J. Visser)

Geboortedatum 7 September 1869
Geboorteplek Distrik Wodehouse, Kaapkolonie
Sterfdatum 14 Januarie 1917 (op 47)
Sterfplek La Mesa, NM
Lojaliteit Boer
Jare in diens 1896-1902
Rang Assistent-kommandantgeneraal
Eenheid Krugersdorpse Vrywilligerskorps
Transvaalse Burgermag
Johannesburgkommando
Veldslae/oorloë Jameson-inval (1895-1896)
Eerste Vryheidsoorlog
Tweede Vryheidsoorlog:
-- Slag van Elandslaagte
Ander werk Lid van die Volksraad, skryf in 1902 sy outobiografie My Herinneringe aan die Anglo-Boereoorlog, neem in 1904 deel aan die Louisiana Purchase Exposition, Konsul in Duitsland.

Generaal Benjamin Johannes Viljoen is op 7 September 1869 gebore op die plaas Varkiesdraai, distrik Wodehouse, Kaapkolonie as die vierde kind van Wynand Johannes Viljoen en Susanna Magdalena Storm. Hy is op 14 Januarie 1917 oorlede in La Mesa, Nieu-Meksiko.

Hy tree op 5 September 1889 in Umtata in die huwelik met Helena Beatrice Els. Vyf kinders is uit die huwelik gebore.

Hy het in 1890 na Johannesburg verhuis. In 1896 het hy die Krugersdorpse Vrywilligerskorps gestig en saam met hulle die Jameson-invallers en ander swart kapteinskappe teengestaan. Hy is later 'n joernalis van Krugersdorp en Pretoria. Hy is verkies as volksraadlid van die ZAR vir Krugersdorp en het Paul Kruger teengestaan oor sy siening aangaande die uitlandergeskil. Hy is verkies as assistent-kommandantgeneraal van die ZAR tydens die Anglo-Boereoorlog. Hy verwerf wêreldroem as militaris en beoefenaar van guerilla-oorlogvoering. Na sy gevangeneming word hy verban na St. Helena en na sy vertrek na die VSA in 1904 skei hy van Lenie Els en tree hy in 1905 in die huwelik met Myrtle Belle Dickason; die huwelik was kinderloos.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search